Dirkie Uys Atletiekbyeenkoms. Op Saterdag, 4 November, het ses atlete van Hoërskool Vredendal deelgeneem aan Dirkie Uys se Top-10 atletiekbyeenkoms in Moorreesburg.
Vier uit die ses atlete het aan die einde van die dag weggestap met ‘n medalje of twee.
- Chris-Mari Nel het egter drie medaljes ontvang. Sy het ‘n silwer medalje vir haar hamergooi ontvang en twee goue medaljes vir gewigstoot en diskus.
- Liandré de Waal het ‘n silwer medalje in diskus en ‘n brons medalje in gewigstoot ontvang.
- Mienke Cronje het weggetap met twee brons medaljes vir hoogspring en 90m hekkies.
- Oloff le Roux stap ook weg met ‘n goue medalje vir sy diskusgooi.
Chris-Mari Nel is ook aangewys as die beste senior dogters-atleet in veld items by die Curro Podium byeenkoms wat op 27 Oktober in die Paarl plaasgevind het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf