Dink of Sink Debat. Jim Fouché redenaars skitter in Dink of Sink-debatskompetisie.
Drie spanne van Hoërskool Jim Fouché het hul redenaarsvernuf ten toon gestel tydens die gewilde Dink of Sink debatskompetisie. Twee van die spanne het met oortuiging tot die provinsiale finaal deurgedring, waar hulle ‘n indrukwekkende tweede plek behaal het.
Die junior span, genaamd Woordewapens, het bestaan uit Dirk Deacon, Joah de Villiers en Hannes Deacon. Die senior span, met die kreatiewe naam Aanvallende Anties en Oom, is verteenwoordig deur Amoné Verwey, Lisa Botha en Jaco Deysel. Albei spanne het met passie en insig debat gevoer, en hul prestasie is ‘n bewys van die hoë standaard van redenaarskuns by Jim Fouché.
Daarbenewens het twee van die sprekers, Joah de Villiers en Jaco Deacon, spesiale toekennings ontvang vir beste taalgebruik in hul onderskeie lokale — ’n prestasie wat hul uitstekende kommunikasievaardighede en taalbeheersing onderstreep.
Hoërskool Jim Fouché is uiters trots op hierdie jong redenaars wat hul skool met waardigheid en ‘flair’ verteenwoordig het. Die toekoms van debatvoering lyk blink by JF!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








