Digter Denker en Doener – In die gange van Hoër Meisieskool Oranje loop daar ‘n Digter Denker en Doener. Dit is ’n graad 8-leerder wie se naam alreeds met bewondering gefluister word: Lika Claassens. Haar gedig aan haar ma, Nadia, het onlangs die sosiale media-platforms laat gons, ’n opregte, emosionele stuk wat duisende harte geraak het. Maar dié digter is veel meer as net ’n woordkunstenaar.

Lika se veelsydigheid is eenvoudig verstommend. Sy is nie net ’n akademiese presteerder nie, maar ook ’n sportster, kultuur-ambassadeur en leier. Lika is ook ‘n Digter Denker en Doener. Sy is alles in een.
Akademie en Atletiek
- Sy tel onder die Top 10 vir akademie vir beide kwartaal 1 en 3, met ’n indrukwekkende 3de plek in kwartaal 2.
- In atletiek het sy gekwalifiseer vir die Vrystaat-byeenkoms in die 1 500m. ’n Ware toonbeeld van uithouvermoë en vasberadenheid.
Kuns en Kultuur
- Lika is lid van die OMS-koor, waar haar stem deel vorm van ’n groter harmonie.
- Gekies vir die junior debatspan van ATKV én Con Spirito. Sy moes egter aan een onttrek weens tennisverpligtinge. Dit wys haar vermoë om met insig en oortuiging te redeneer.
- Radikale redenaars: Wenner van die lees-afdeling en deur na die nasionale rondte.
- ATKV redenaars: Deurgedring tot die Vrystaat halfeindrondte.
- Oppie-Tong-Af redenaars: A++ in die Vrystaatrondte. ’n Bewys van haar taalvaardigheid en selfvertroue.
Sportprestasies van formaat
- Lid van die SA o.15-tennisspan, die Vrystaat o.15-span, én die Oranje o.19A-span.
- Gesamentlike nasionale o.14-dubbelskampioen en 3de plek in enkelspel. Ook ’n prestasie wat haar naam in die sportgeskiedenis van Oranje vestig.
- Lid van die o.14B-netbalspan, waar haar spanwerk en toewyding duidelik uitstaan.
Leierskap en karakter
- As hoof klas-VRL vir kwartaal 1 toon Lika dat sy nie net volg nie, maar ook lei, met integriteit en ’n hart vir haar mede-leerders.
Buite die skoolmure
Lika het ook aan verskeie eksterne kompetisies deelgeneem en daarin uitmuntend gevaar. Haar kreatiwiteit het al vroeg begin blom. In graad 3 het sy ’n A+++ ontvang vir haar kunswerk Die mooie maan. Sy is ook aangewys as algehele wenner in die Junior Afdeling van die Jump In Nationale Eisteddfod.
Haar lewensmotto
“Doen jou bes, en God sal sorg vir die res.”
Dié eenvoudige, maar kragtige woorde is die dryfveer agter alles wat Lika aanpak. Dit is ’n motto wat nie net haar werk weerspieël nie, maar ook haar karakter, nederigheid, vasberadenheid en vol geloof.
Lika Claassens is ’n naam om te onthou. Sy is ’n voorbeeld van hoe ’n jong meisie met passie, talent en ’n stewige waardestelsel die wêreld kan begin verander. Een gedig, een wedstryd, een toespraak op ’n keer!
Lika Claassens skitter aan Hoër Meisieskool Oranje.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto en Gedig voorsien
Become a Sponsor








