Die tweede skoolkoerant, Suidooster, is Donderdag 21 Junie, aan mnr. Danie Malan, die skoolhoof oorhandig. Die koerant bevat kraakvars nuus oor die skool se gebeure en al die aktiwiteite. Die Suidooster is ‘n aanlynkoerant.
Op die foto van links na regs is:Ā Michelle Olivier (subredaktrise), Zoe-lee van der Merwe (redaktrise), mnr. Danie Malan (skoolhoof), Marco Pretorius (hoof van die bladuitlegspan) en Jean le Roux (lid van die bladuitlegspan)