[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.105″ background_layout=”light”]
13 April: Strand skoonmaak
Die leerders het Vrydag 13 April weer hulle moue opgerol om ons strand te gaan skoonmaak. Ons het gestap van die lewensreddingsklub tot die privaat strand Ć©n weer terug tot by Benās Restaurant. Juffrou Lategan en van haar netbalspeelsters het ook na hulle oefening by ons aangesluit wat vir ons baie beteken het. Dit is altyd groot pret en baie lekker om te weet dat ons die omgewing beter maak. Ons doen dit ook om mense bewus te maak van die impak wat ons het op ons natuur en dat dit net ons is wat dit kan beter maak.
[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Die-leerders-van-HS-Strand-is-by-baie-uitreike-in-die-gemeenskap-betrokke-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][et_pb_text _builder_version=”3.0.105″ background_layout=”light”]
24 April: Cheetah Outreach uitstappie
Op Dinsdag 24 April het dertig leerders van die Groen-klub die Cheetah Outreach in Somerset-Wes besoek. Ons het geleer van die belangrikheid van jagluiperds, rooikatte, tierboskatte, bakoorjakkalse en Anatolian herdershonde en die rol wat hulle speel in ons omgewing. Die leerders kon al die diere sien en was veral mal oor die tierboskatte! Ons het na ān aanbieding gekyk en daarna het ons weereens ons moue opgerol en vrywilligheidswerk gedoen. Die leerders het ontsteld geraak van klippe wat die katte se voete seermaak en het molsgate toegemaak wat gevaarlik is om in te trap. Ons sien beslis uit na ons volgende uitstappie!
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.105″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ posts_number=”5″ gallery_ids=”17484,17485,17486,17487,17488″ /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]