[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Cheetah Outreach
Op Donderdag 30 Augustus 2018 het die Groen-Klub weer die Cheetah Outreach in Somerset-Wes besoek om vrywilligheidswerk te doen. Die leerders het onkruid uitgetrek, giftige plante verwyder, molsgate toegestop en die jagluiperde se lêplek in die skaduwee skoon en netjies gemaak. Die leerders wat vir hulle derde keer saam gegaan het, het die geleentheid gekry om een van die jagluiperde te ontmoet. Baie dankie aan Dawn Glover en haar span! Ons sien uit na ons volgende besoek.
Boomplantdag
Op Dinsdag 4 September 2018 het die Groen-Klub twee suurlemoenbome geplant vir Boomplantweek. Die bome is geplant agter die krieketnette van die skool geplant. Ons is dankbaar vir die lekker reën wat op daardie dag geval het om die grond nat te maak.
Internasionale Strandskoonmaak Dag
Saterdag 15 September 2018 gaan die Groen-Klub om 10:00 die strand gaan skoonmaak. Kom ontmoet ons by die lewensreddersklub!
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”17811,17812,17813,17815,17816,17817,17814,17818″ posts_number=”8″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]