Die Goue Medalje-funksie. Baie geluk aan twee van ons uitstaande atlete wat tydens die Goue Medalje-funksie by Lavender Hill Country Estate in Bethlehem vereer is vir hul merkwaardige prestasies in vanjaar se atletiekseisoen.
Hierdie gesogte geleentheid is slegs vir atlete wat ’n goue medalje tydens die SA Skole-atletiekkampioenskappe verower het – ’n bewys van ware toewyding en talent.
👏 ’n Spesiale woord van geluk aan:
- Lynn-Mari Louw – Dogters o.17 Hamergooi
- Kamohelo Moloke – Seuns o.17, lid van die Vrystaat-aflosspan
Gouties is ongelooflik trots op julle en sien uit na nog vele oorwinnings! 🌟
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











