Sewe van Hoërskool DF Malan se tennisspelers is gekies om die Wes-Kaap Disas te verteenwoordig. WP Skole-tennis het op Saterdag, 20 Januarie 2018, ‘n oefenkamp en bekroningsplegtigheid gehou by Parow Tennisklub. Die oefenkamp is afgesluit met ‘n ete en sosiale funksie vir die spelers en hulle ouers. Tydens hierdie geleentheid het die spelers hulle Wes-Kaap Disas-pette van mnr. Japie Klaasen ontvang. Hy is SA Davis Cup-tennisspeler Raven Klaasen se pa. Die spelers is (van links na regs):
Agter: Anja Nel , Werner Britz, Emma Coetzee en Wihan Bester.
Voor: Zandria Spangenberg, Hannes Swart en Lara Havenga