Ons is ongelooflik trots op ons skoolkoor wat die afgelope tyd voortreflik presteer het. Ons het vir die eerste keer in 21 jaar deurgedring na die ATKV Applous finaal in Pretoria waar ons Goud verwerf het, asook die prys vir die beste uitvoering van ‘n Afrika-lied. Algeheel eindig die koor 2de in ons kategorie met 83,45% (agter die wenners met net 0,52%).
Ons het ook deel gevorm van die massakoor vir die eerste Tygerfest en dit was ‘n voorreg om die verhoog te kon deel met ongelooflike talent van die Tygerberg-area.
Die koor is besig om van hoogte tot hoogte te gaan en ons is opgewonde om te sien wat nog alles vir hulle voorlê.