Schools That Rock berig oor DF musiekleerders se prestasies
Musiekleerders van me. M Nel en me. M. de Villiers het uitstekend gevaar in Trinity en Unisa Musiekeksamens.
Die uitslae is soos volg:
Trinity: Lize van Rooyen: Klavier Graad 7 – 98%; Juliette Behr: Klawerbord Graad 8 – 84%; Juané de Klerk: Klavier Graad 5 – 90%; Jodine du Toit: Klawerbord – 80%.
Unisa: Cindy Esterhuyse: Klavier Graad 7 – 85% en Cara Kitshoff: Klavier Graad 6 – 80%.
Baie geluk met jul skitterende prestasies.
Foto’s verskaf
Lees meer oor DF Malan:
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/
DF Malan Kultuur:
Meesterklasse in musiek: Die Musiekdepartement van DF Malan was bevoorreg om op 3 en 4 Mei Meesterklasse en Werkswinkels aan te bied in samewerking met Camerata Tinta Barocca. Hierdie groep is ‘n professionele Barokensemble onder leiding van Erik Dippenaar. Meesterklasse in klavier, kitaar, viool en sang is aangebied. Daarbenewens is ook Werkswinkels in Musiekgeskiedenis en verbetering aangebied. Dit is bygewoon deur sewe ander skole uit die omgewing.
Musiek- en Koorleerders van DF Malan bied op 20 Julie ‘n konsert aan saam met Camerata Tinta Barocca.