Avril Salo van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging het die skool besoek saam met Roy Abbott en sy hond van die afgelope 6 jaar, Georgia. Roy het ‘n oogsiekte gekry en 20 jaar gelede blind geword. Georgia is sy derde gidshond.
Een van die projekte wat Mnr. en Mej. DF se fondsinsameling hierdie jaar gaan ondersteun, is om ‘n babahondjie laat oplei as ‘n gidshond vir ‘n gesiggestremde persoon.
Hulle besoek die skool binnekort weer om die babawoef vir die kinders te kom wys sodat hulle sy naam kan kies. Â