Die praise & worship is ‘n vaste item op die interskoleprogram en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Op Woensdag 16 Augustus het die leerders van Hoërskool Bellville en DF
Malan vir twee ure die stryd opgesê en as een stem saam gesing. Onder leiding van Philip Erasmus, lede van die Shofar kerk, Durbanville en ‘n paar talentvolle Dee-Effers het daar lofliedere opgeklink en is getuienis gedeel. ‘n Besondere dankie aan die DF-gebedsmammas wat verantwoordelik was vir al die reëlings.
(Meegaande foto’s wys hoe Dee-Effers en die Leeus mekaar leer ken, die saal begin opvul vooraf en die saal in aanbidding.)