Wêreldkampioenskappe – Uitvoerende Kunste
Anya Human en Jean du Plessis (op die foto bo), 2 DF-dramaleerders, het die SA-span by die Wêreldkampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste verteenwoordig en die volgende medaljes ontvang : Jean – 3 silwer, 3 brons, 1 industrie-medalje. Anya – 1 goud, 1 silwer, 1 brons, asook die beste aktrise in die ouderdomsgroep 16 – 24 jaar. Albei het ook gedeeltelike beurse vir die New York filmakademie ontvang. Ons is baie trots op julle!

Become a Sponsor