DF-leerders skitter in SAIPA en SAICA Rekeningkunde olimpiades
DF spog met drie leerders wat puik in die Rekeningkunde oilimpiades presteer het. Juané Cronjé (graad 12) is as die nasionale wenner van die SAIPA olimpiade aangewys en Stefan Smit (graad 11) eindig provinsiaal onder die top drie.
Heinrich Crous (graad 9) word as die provinsiale wenner van die SAICA olimpiade aangewys.
Baie geluk met uitmuntende prestasies!
FOTO (v.l.n.r): Stefan Smit, Juané Cronjé, Heinrich Crous