Hoërskool Langenhoven se eerste krieketspan het op Saterdag, 9 September 2017, ‘n kragvertoning tuis teen Hoërskool Ladismith gelewer.
Die Dasse kolf eerste en teken 195 lopies aan met slegs 3 paaltjies wat uit die toegelate 20 boulbeurte gekantel het. Gian Rademeyer was die sterspeler en slaan 121 lopies, nie uit nie. Theodore Prins het uitstekende boulontleding gehad en het 4 paaltjies geneem en slegs 16 lopies afgestaan. Die Dasse-boulers het daarna hulle kant gebring en die manne van Hoërskool Ladismith vir slegs 41 lopies uitgeknikker.
Op die foto bo verskyn Gian Rademeyer.