Die skool se eerste netbalspan het vanaf Vrydag, 8 Maart – Saterdag, 9 Maart 2019, aan die Girls’ High Netbaltoernooi te Franschoek deelgeneem, en puik presteer.
Die Dasse eindig derde van tien skole en verwerf dus ‘n bronsmedalje!
Op die foto verskyn, agter, van links: Haike Brink (afrigter), Jana van den Berg, Iné Lourens, Leané Human, Nicolene Beukes en Adunaike Herling.
Voor, van links: Haylé Allman, Haigha-Rose Groenewald, Christel Jooste en Jamy Riddles.