Dance Divas-kompetisie – Twee talentvolle leerders van Laerskool Truida Kestell het baie goed presteer by die Dance Divas-kompetisie. Lilly-May Bothma (Gr. 3) en Mia-Lee Prinsloo (Gr. 2) het Saterdag, 2 Mei, in Linden, Gauteng, aan die kompetisie deelgeneem.
Hulle het hul danspassies met trots uitgeleef en met glans en styl hul skool se naam hoog gehou!
Uitslae was as volg:
- Lilly-May Bothma
- 8/9 Slowdance Championship – 5de plek
- 9 Under Intermediate Freestyle – 1ste plek
- Mia-Lee Prinsloo
- 9 Under Intermediate Slowdance – 2de plek
- 7 Under Freestyle Championship – 2de plek
Met hul harde werk, toewyding en liefde vir dans het Lilly-May en Mia-Lee gewys dat talent en deursettingsvermoë hand aan hand gaan. Truidjies is ongelooflik trots op julle – hou so aan om die dansvloer te laat skitter!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








