Die 24 nuwe graad 8 leerders wat Dinsdag by CVO Gromar Skool in Groblersdal se skoolgronde ingestap het, het hulle dadelik verbind tot die skool deur middel van ‘n slot seremonie. Elke gr 8 het ‘n slot aan een groot gesamentlike ketting vasgebind om hul simbolies aan die skool te verbind. Die gr 12’s van 2020 het reeds laas jaar hul slotte tydens ‘n seremonie losgemaak en verwyder om so hul los te maak van hul skoolloopbaan.Ons glo dat elke gr 8 leerling wat hul nou tot ons skool verbind het, met trots en selfvertroue hier by ons sal klaarmaak en oor 5 jaar die voorreg sal kan hê om jou slot weer te kan afhaal.
“Welkom aan al ons gr 8 leerlinge en hul ouers.”
Foto’s verskaf