CVO Gromar se matriekafskeid 2017 was weereens ‘n spoggeleentheid. Die matrieks van CVO Gromar, Groblersdal, en hul metgeselle het vanaf 16:00 aan die gebruiklike modeparade, wat by die skool self gehou word, deelgeneem en kon almal sien hoe prentjiemooi elkeen van hulle was.
Hulle is ontvang vir die spoggeleentheid deur die Graad 11 leerlinge by Marble Hall Gholfklub vanaf 18:00.
Die tema was “Parys” en die saal is baie swierrig versier. Die kos was voorwaar uit die boonste rakke. Die matrieks het tot laat saam gekuier, gedans en hul skoolloopbaan op luisteryke wyse afgesluit. Baie dankie vir die Gr. 11 wat baie hard gewerk het en baie moeite gedoen het vir die matrieks.