Ons visie is “Om dinamiese leiers te wees in die Christelike opvoeding en onderrig van ons nageslag, sodat hulle ‘n verskil kan maak”, daarom doen ons, ons leuse gestand: WERK – GLO – WEN
Is u bekommerd oor u kind se toekoms?Â
Dan nooi ons u om deel te wees van die BCVO-beweging met sy dinamiese leuse: “TER WILLE VAN ONS KINDERS TOT EER VAN GOD”
Kom sluit aan, word deel van die wenspan wat waarde toevoeg tot u kind se lewe!
Hier is goeie redes waarom u, u kind aan ons kan toevertrou:
Die volgende Onderwys word aangebied :
– Christelike Onderwys
– Volkseie Moedertaal onderwys
Hoë standaarde ten opsigte van onderrig, vakinhoude, dissipline en netheid word gehandhaaf.
Bekwame en gemotiveerde personeel wat poog om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel.
Kleiner klasgroepe verseker individuele en kwaliteit aandag sodat u kind gevorm word tot ‘n beginselvaste, gedissiplineerde mens.
‘n Matriekeindeksamen met volle universiteitsvrystelling en internasionale erkenning word aangebied deur IEB.
Ons is ‘n voorstaander van die Bybelse waarheid dat ons liggame ‘n tempel is, en glo dat ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Derhalwe bied CVO-Gromar ook vele sport geleenthede aan.