Gromar is ‘n CVO Privaatskool geleë in die hartjie van die Loskopvallei, waar ons met trots ons kinders opvoed met God se woord as riglyn en ons leuse ten volle uitleef: Ter wille van ons kinders, tot eer van God.
Ons visie is “Om dinamiese leiers te wees in die Christelike opvoeding en onderrig van ons nageslag, sodat hulle ‘n verskil kan maak”, daarom doen ons ons leuse gestand: Werk Glo Wen
Ons is tans die grootse CVO Skool in Suid Afrika met babaklasse tot en met Gr 12.
CVO Gromar beskik ook oor ‘n moderne koshuis wat op ons terrein gebou is.
By CVO Gromar kry u kind n wye veld van bloodstelling wat die volgende insluit:
Akademie
Al die akademiese vakke wat aangebied word het ‘n Bybelse grondslag en Bybel is ook n verpligte vak tot en met Gr 12. Die Gr 12 leerling skryf ook hul eksamens deur IEB wat Internasionaal erken word.
Kultuur
Daar word vele Kultuur-aktiwiteite aangebied by CVO Gromar waaraan die kinders kan deelneem, onder andere:
Redenaars
Beeldende kunste
Literêre werke
Kultuur fees
Bybel kennis eksamen
Konserte & Revue
Veldskool en Leierskampe
Jaarlikse Majuba Fees
Sport
Deur die loop van die jaar word daar vele sportgeleendhede aan ons kinders gebied, sodat hulle ook op daardie vlak kan ontwikkel en presteer. Die BVCO neem ook elke jaar aan vele Bokkieweke (AVS) deel, wat wonderlike geleendhede vir die betrokke kinders bied. Ons bied die volgende sport aan:
Atletiek
Rugby
Netbal
Hokkie
Krieket
Skaak
Landloop
Tennis
Ons neem aan die volgende Bokkie Week geleendhede deel:
Rugby & Netbal 0/13, 0/14, 0/16, Oop Spanne
Redenaars 0/13, 0/14, 0/16, Oop Spanne
Krieket 0/13 & Oop Spanne
Skaak 0/13, 0/15 en Oop Spanne
Koshuis
CVO Gromar beskik oor n nuwe moderne koshuis wat 60 kinders kan huisves.
Kleuterskool
Ons Kleuterskool is daar om elke kind wat deur ons versorg word, ‘n liefdevolle gebalanseerde en suksesvolle volwassene te maak met ‘n goeie selfbeeld. Ons vertrou en respekteer mekaar en kommunikeer openlik.
Ons kontakbesonderhede is soos volg:
Posbus 888, Groblersdal, 0470
H/v Ribbok- en Robertsonlaan 1, Groblersdal, 0470
S25° 09’ 44.9” E29° 23’ 30.18”
Tel. 013 262 5419
E-pos: cvogromar@telkomsa.net
www.gromar.co.za