Conspirito Debatkompetisie. 🏆 Volkies skitter by Conspirito Debatkompetisie.
Hoër Volkskool Heidelberg se leerders het onlangs die skool se naam met trots en waardigheid hoog gehou tydens die gesogte Conspirito Debatkompetisie, aangebied by Hoërskool Garsfontein in Pretoria.
Ons leerders het nie net intellektueel uitgeblink nie, maar ook met hul gedrag en gesindheid ’n blywende indruk gemaak. Dit is vir ons as Volkies ’n besondere voorreg om ná die kompetisie sulke hartroerende terugvoer van ouers van opponent-skole te ontvang:
“They were outstanding competitors and displayed the utmost kindness and manners before the start and throughout the debate. They represented your school with distinction, and you can be incredibly proud of them. Their futures are undoubtedly very bright.”
Ons harte bars van trots!
Hier is die spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het:
Junior Spanne
- Mala van Jaarsveld & Kaylynn Botha – teen Hoërskool Menlopark
- Kiché Brink & Josua Botha – teen Afrikaanse Hoër Seunskool
- Dylan Duvenhage & Lana Hartzer – teen Hoërskool Waterkloof
- Kayla Strauss & Gabriélla Botes – teen Afrikaanse Hoër Seunskool
- Khanyisa Ngwenya & Isabel Kloppers – teen Hoërskool Menlopark
- Mala van Jaarsveld & Simoné van Niekerk – teen Hoërskool Pretoria-Noord
- Dilshan Lala & Junior Kekana – teen Hoërskool Hartbeespoort
- Lucienné Herbst & Xiané Nelson – teen Hoërskool Menlopark
- Bez Bezuidenhout & Josua Gouws – teen Hoërskool Linden
Senior Span
- Annagreth Botha & Ora Motsele – teen Afrikaanse Hoër Seunskool

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








