)

CHS WEN ATKV & BURGER SE VLYMSKERP VASVRAKOMPETISIE

Op Vrydag, 17 Augustus, het Hoƫrskool Cradock, saam met 15 ander skole, aan die ATKV & Burger se jaarlikse Vlymskerp Vasvrakompetisie deelgeneem by Laerskool Sunridge in Port Elizabeth.

Skole wat deelgeneem het, sluit o.a. in: Hoƫrskool Pearson,Hoƫrskool van Kirkwood, Hoƫr Volkskool, Hoƫrskool Andrew Rabie, Hoƫrskool Gelvandale, Gill College, Hoƫrskool DF Malherbe, Hoƫrskool Framesby, Hoƫrskool PJ.Olivier, Hoƫrskool Otto du Plessis, Hoƫrskool Bethelsdorp, Hoƫr Landbouskool Marlow, Hoƫrskool Nico Malan en Hoƫrskool Daniƫl Pienaar. Elke skool het `n span van 4 leerders ingeskryf.

Die vasvra het bestaan uit `n kombinasie van geskrewe en mondelinge vrae. Na voltooiing van `n skriftelike toets, is elke span onderwerp aan `n snelvuurafdeling waartydens hulle binne `n gegewe tyd `n aantal vrae moes beantwoord.

Na afloop hiervan is 9 spanne deur na die halfeindronde en elke span moes van nuuts af punte bymekaar maak.

Skole is per trekking in 3 groepe van 3 skole elk verdeel en moes hul flinke denke toon deur die gonser te druk voor hul `n vraag kon beantwoord. Die spanning het hoog geloop en die kompetisie was sterk.

Uiteindelik het drie skole teen mekaar te staan gekom in die finale ronde. CHS het hier sterk na vore getree en met selfvertroue oorheers en as ware wenners uit die stryd getree.

Groot pryse is gewen: Elke spanlid het R1200 kontant ontvang en die skool R5000 kontant. Die skool ontvang ook advertensieruimte in Die Burger ter waarde van R10 000 asook subskripsie vir 3 maande by Netwerk 24.

Hoƫrskool Cradock is baie trots op hierdie Kwaggas! Die lang ure se oefening is nou beloon. Geluk ook aan mev. Elsabe van der Merwe wat hierdie leerders help voorberei het vir hierdie kompetisie. NIL NISI NITENDO!

Foto bo: CHS-leerders die slimste van die slimstes! Hoërskool Cradock het die afgelope naweek die ATKV & Burger se Vlymskerp Vasvrakompetisie gewen.

Vlnr: Dirkie Cronje, ShanƩ de Waal, Rozelma van der Merwe, Pieter-Ben Smit

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal