)

CHS vaar goed in Curro Tennistoernooi

Die eerste seunstennisspan van Hoërskool Cradock het die afgelope week gaan deelneem aan die Curro Durbanville CR van der Merwe Tennistoernooi.  Hierdie toernooi het bestaan uit twee wedstryde per dag, per skool, wat gewissel het tussen die bane van Curro en Everstdal. Skole wat deelgeneem het aan hierdie toernooi sluit in CHS, Paarl Boys’ High, Paarl Gimnasium, Curro Durbanville, Hoërskool Stellenbosch en Hoërskool Stellenberg. Yahron van Dyk, Ryan Gowar (kaptein), Hendrick Fouché, Andrew Collett en Patrick Lord het CHS verteenwoordig.

CHS se seuns het uitmuntende tennis gespeel en sterk karakter geopenbaar.  Met sommige enkels-wedstryde wat tot 2 ure lank geduur het, het die Kwaggas dit duidelik gemaak dat hulle nie maklik ‘n wen sal afstaan nie.  Moedige pogings en pragtige tennis besorg aan CHS die algehele vyfde posisie in die toernooi, ‘n baie goeie prestasie vir hierdie Karoo-spelers. Tennis van hoë gehalte was in elke wedstryd te sien met verskeie spelers wat hoë plekke op die SATA-ranglys beklee wat deelgeneem het aan die toernooi.

CHS wens die eerste tennisseuns baie geluk met hul goeie vertoning tydens hierdie toernooi.  Dankie ook aan Mnr. JR Foreman en Mev. E. Roux wat die span vergesel het.  CHS is voorwaar trots op hierdie tennisspelers wat deurgaans goeie sportmansgees en deursettings vermoeë getoon het.

Op die foto heel bo:  CHS se eerste tennisspan tydens die Curro Durbanville CR van der Merwe Tennistoernooi.

Van links na regs:  Hendrik Fouché, Yahron van Dyk, Ryan Gowar (kaptein), Patrick Lord en Andrew Collett

Voor:  Mev. Ezna Roux en Mnr, JR Foreman

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal