Cheerleading. Hoërskool Stellenberg, Kaapstad, is verheug om met die uitstekende prestasies van hul cheerleading-span te kan spog. Op 29 Maart het hulle aan die eerste van vier uitdunkompetisies deelgeneem en puik gevaar.
Die All Girls-groep het ’n eerste plek in hul kategorie behaal. Die Co-ed span het tweede in hul afdeling geëindig en Stellenberg se Poms-groep het ook ’n eerste plek behaal. In die hip-hop-kategorie het die skool die tweede plek verower. Verder het twee van hul leerders aan die partner stunt – kategorie deelgeneem en hulle het ook ‘n eerste plek daarin behaal.
Hoërskool Stellenberg kondig met trots aan dat twee van hul spanlede, Paige Field en Marcel Fourie, gekies is vir die Protea-span wat Suid-Afrika aan die einde April gaan verteenwoordig tydens die ‘International Cheer Union’ (ICU) se wêreldkampioenskappe in Orlando, Florida, VSA.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor










