[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
“Ek is is tans ‘n 17-jarige leerder van Hoërskool Punt in Mosselbaai. Ek het van kleintyd af al ‘n passie vir kuns gehad, en die een mens wat my altyd geïnspireer het is my ouma, Rina Vos.
Of sy my geleer het hoe om ‘n Barbie-pop te teken, en of ons saam gewerk het aan my eerste skildery, was sy altyd daar om my te ondersteun.
Soos wat ek ouer geword het, het ek ‘n klomp kunstenaars se werk begin bewonder. Ek voel dat kuns ‘n goeie manier is om uit te druk hoe jy voel, maar sonder om op te kyk na ander, sal jy nooit jou eie tekortkominge kan identifiseer en verbeter nie.
Kuns is die een ding wat my gemoed kan lig na’n lang dag, en soms sal ek tot drie-uur in die oggend skilder sonder om agter te kom hoe laat dit is.
Ek weet nie wat die toekoms vir my inhou nie, maar my doel is om nooit op te hou verf nie en om altyd vas te hou aan dit wat my siel laat ontvlam.”
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”18398,18399,18400,18401,18402″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]