)

Casey-Jean Botha – Hoërskool Witteberg verwelkom onderwyser

Casey-Jean Botha. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, is dankbaar om te kan aankondig dat Mej. Casey-Jean Botha, vanaf new Horizon College, eersdaags as onderwyser by die skool aansluit.

Casey-Jean beskik oor ‘n B.Ed Onderwys honeursgraad. Sy sal onderrig bied in die graad 8-9 fase met hoofvakke wat Afrikaans, Engels en Lewensoriëntering insluit. Sy is reeds bekend onder die Bethlehem gemeenskap waar sy haar gewig ingegooi het as afrigter van Witteberg se 1ste seuns hokkiespan. 

Op die hokkieveld is Casey-Jean welbekend. Sy het reeds in 2014 haar SA kleure verwerf. Casey-Jean was ook deel van die groep tot en met 2020 waar sy deel was van die SA Olimpiese span. Sy is ‘n gekwalifiseerde SAHA afrigter en het ook al as aanbieder van verskeie provinsiale klinieke opgetree. Haar aansluiting is ‘n waardevolle toevoeging tot Witteberg se reeds sterk afrigtingspan. 

Hoërskool Witteberg sien geweldig uit na Casey-Jean Botha se aansluiting by die skool en weet dat sy besliste waarde tot die leerders in die klas en op die hokkieveld gaan toevoeg. Casey-Jean sluit vanaf 1 Julie by Witteberg aan. 

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal