Carina de Beer  van Hoërskool Upington het deelgeneem aan  die Provinsiale Skole-skaaktoernooi wat op Saterdag 21 Mei 2016 te Kimberley plaasgevind het.  In die dogters onder 18 afdeling het sy meegeding teen 31 ander spelers.  Carina het tweede gekom en ‘n silwer medalje verower.  Sy gaan deelneem aan die Nasionale Skole-skaaktoernooi wat in Durban gehou word, gedurende die Junie vakansie.

 

Become a Sponsor