BVHS 0.16 Hokkietoernooi. BVHS 0.16A Dogtershokkiespan blink uit by BVHS o.16-Hokkietoernooi.
Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 0/16A Dogtershokkiespan het onlangs aan die CUT & BVHS 0/16-hokkietoernooi deelgeneem – en watter ongelooflike prestasie het hulle behaal! Die span het ’n welverdiende 3de plek ingeneem in ’n uiters kompeterende veld, met ’n indrukwekkende rekord van 6 oorwinnings uit 7 wedstryde.
Hierdie groep dogters het met deursettingsvermoë, veggees en pragtige spanwerk die toernooi gekleur. Hul gestruktureerde spel en samewerking op die veld was ’n ware inspirasie.
Wedstryduitslae
2 April
- Wen teen Schweizer-Reneke 3–0 Doele: Reané Campher, Kaylee Fourie, Emma Smith
- Wen teen Dr Malan 1–0 Doel: Emma Smith
- Wen teen Sasolburg 2–0 Doele: Reané Campher, Emma Smith
3 April
- Wen teen Rustenburg 3–0 Doele: Ninke van Zyl, Kaylee Fourie, Emma Smith
- Wen teen Ermelo 2–0 Doele: Reané Campher, Emma Smith
4 April
- Verloor teen Middelburg 0–1 (Halfeindstryd)
- Wen teen Oranje 2–0 Doele: Michelle Wood, Kaylee Fourie
Baie geluk aan elke speler en die afrigters met hierdie uitstekende prestasie! Julle het BVHS met trots verteenwoordig en die skool sien met groot opgewondenheid uit na die komende liga-wedstryde.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











