)

Burgerschool in Roeselare België – Hoërskool Strand kulturele uitreik

Burgerschool in Roeselare België. Vanjaar is dit reeds die twintigste jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met die Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied elke jaar aan 12 graad 10-leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te smee.

Die laaste twee jaar kon die twee groepe leerders wat in 2020 en 2021 gekies is om op hierdie kulturele uitruilprojek tussen die twee skole te gaan, as gevolg van die Covid-19-pandemie nie hierdie droom verwesenlik nie. Hulle het egter nooit moed verloor nie. Hulle het bly glo en hoop dat hulle wel op die uitruilprojek na Burgerschool in Roeselare, België kan gaan.

Groen lig

Op 17 Januarie vanjaar het hulle die groen lig gekry dat die grense oopgemaak het. Die laaste twee jaar se groepe sal wel van 17 Maart tot 4 April na België kan vertrek.  Een van die vereistes was dat hulle wel hul twee inentings moet kry. Niks kon hierdie ywerige leerders keer nie. Ongeveer almal was toe reeds ten volle ingeënt.

Die twee onderwysers wat hul sal vergesel, is mev. Lynette Wolff en mev. Juliana Louw. Die groep skop hul oorsese reis met twee weke in België af, waar die Belge hul met ʼn ongelooflike program inwag. Hulle gaan Antwerpen, Brussels, Brugge, Ghent, Ieper, Leuven en nog baie ander besienswaardighede in België besoek. Hulle is ook gelukkig om drie dae in Parys (Frankryk) deur te bring, waar hulle die stad en Euro-Disney gaan verken. Die groep gaan ook ʼn skool besoek en ʼn stukkie van Suid-Afrika met hulle deel.

Wat die program so uniek maak, is dat die leerders in die Belge se huise tuisgaan. Hulle sal daar leef, eet en ervaar wat Belge as alledaags beskou.

“Ons sien uit na ʼn opwindende reis en om nuwe vriende te maak.”

Foto voorsien

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsstrand.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal