Bredasdorp Sewes Rugby. Hoër Landbouskool Boland van die Paarl, het die afgelope naweek aan die Bredasdorp Sewes Rugby toernooi deelgeneem.
Boland Landbou se O.15 en O.17 sewes spanne het baie goeie rugby gespeel. Die O.15-span het deurgedring tot in die semi-finaal en die O.17-span het as naaswenners geëindig.
Baie geluk aan Albie Bester, Alru Gous en Hans Verster wat na afloop van die toernooi gekies is as deel van ‘n span bestaande uit die spelers wat op die dag die beste sewes rugby gespeel het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf