)

Boodskappe Matrieks 2021 – André de Klerk Hoërskool Oudtshoorn

Boodskappe Matrieks 2021. André de Klerk se ma, Alida van Wyk, het hierdie besondere boodskap aan hom gerig om dit saam met hom die toekoms in te neem. Hy is in matriek by Hoërskool Oudtshoorn.

“André, dit voel soos gister wat jy rondgehardloop het met jou klein klere vol modder, op my skoot kom sit het en my al jou drome vertel het. Voor ek my oë kon uitvee het jy groot geraak ♡ Die seun so na my hart. My regter-hand♡ Van nou af stap jy vorentoe, jy kyk nie terug nie, jy maak een groot sukses en face die lewe soos net jy kan. ♡ Gaan wees die volwassene soos hoe ek jou grootgemaak het.

Die toekoms hou so baie in vir jou, my seun. My hart bars van trots. Trots op hoe ver jy gekom het. Trots op die opofferinge wat jy maak, trots op die man waarin jy verander.

André, volg jou drome, vat die risiko’s, lag oor die simpel foute, verander wat jy kan, maar aanvaar dit wat jy nie kan verander nie. Die grootmenswêreld wag vir jou daar buite. Dis nie altyd maklik nie, maar jy’s een sterk man. As jy val, staan weer op en probeer weer. As jy sukses behaal, wees nederig, as jy voel die lewe druk, druk deur! Onthou altyd jou beginsels en weet dat, maak nie saak wat jy aanpak nie, jy kan voorspoedig wees! Jy’s werklik ‘n seun waarop ek kan trots wees. 

Die klein seuntjie wat nou skielik in ‘n man verander het, ek het jou lief my seun. Al die harde werk gaan nou beloon word. My wense vir jou is vreugde, liefde en sukses vir die pad vorentoe. ♡Moet nooit terug staan nie! As daar ‘n geleentheid kom, gryp dit met albei hande aan. Gaan wys die wêreld wie is André! 

Doen jou bes en Jesus doen die res.”

Foto verskaf

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oudtshoornhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal