Boodskappe 2021 Matrieks. Robyn Knowles se moeder, Riëtte Knowles, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Robyn is in matriek by Helpmekaar Kollege in Johannesburg.
“Liefste Robyn, hier staan jy nou op die drumpel van jou grootmens lewe, vreeslik opgewonde oor wat die toekoms vir jou mag inhou. Ek weet nie waar jou lewensreis jou mag neem nie, maar ek bid dat jy altyd veilig en gelukkig sal wees. Geniet die rit en moet nie jou pad terug huis toe vergeet nie. Ek sal altyd daar wees vir jou en is baie trots op die pragtige jong dame wat jy is.
Ek is baie lief vir jou, vir altyd en altyd.
Liefde, Mamma xxx”
Foto verskaf
Meer nuus oor skole: