Boland Rugbyspanne. Dit is met groot opgewondenheid en trots dat Hoërskool Robertson gister verneem het dat vier lede van die skool se eerste rugbyspan spelers, Ishan Timmie, Petri Van Dyk, Helgard Bruwer en Bernardo Diedericks, in die Boland Rugbyspanne van hul onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is.
Die manne het verlede week aan die onderskeie rondtes proewe in Wellington deelgeneem en het gister die goeie nuus ontvang dat hulle gekies is om vir Boland Rugbyspanne uit te draf. Mnr. Warnich van Hoërskool Robertson is ook as voorspeler-afrigter van die Boland Akademie-span aangewys.
Hierdie spanne gaan deelneem aan die kustoernooi in Oudtshoorn oor die langnaweek in Junie. Na afloop van hierdie toernooi sal die finale Cravenweek- en Akademiespanne bekend gemaak word.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Foto’s verskaf