Boland Landbouskool. Hoër Landbouskool Boland se leerdergetalle groei deurlopend. Die skool is baie opgewonde daaroor want dit is ‘n bewys van die gehalte onderrig wat die leerders van Boland Landbouskool ontvang.
Die skool het tans drie klasse in graad. 8 en 9. Dit spoel elke jaar oor na ‘n volgende graad. Die realiteit is dus dat Boland Landbou in 2025 in al vyf die grade (graad 8 –tot 12) drie klasse (A, B en C) gaan hê. Die verwagte leerdertal in 2025 sal op ongeveer 420 wees.
Om die skool se akademiese standaarde te handhaaf, verder uit te bou en te verbeter, is daar twee interne Departementshoofposte geskep. Me. Ronel Bernardo is die Departementshoof: Akademie (VOO-fase: Gr. 10 – 12). Mnr. Hein Jordaan is die Departementshoof: Akademie (Senior Primêre Fase: Graad 8 en 9). Beide hierdie poste word met ingang 19 Julie 2022, kwartaal 3, gevul.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf