Bokhaarskool. Die Bokhaarskool is vanaf 23 tot 25 Januarie by Hoër Landbouskool Marlow aangebied. Die aanbieding is gedoen deur Mohair SA en The House of Fibre. SA Mohair bied die kursus aan by slegs twee skole in die land. Hoër Landbouskool Marlow is bevoorreg om een van dié skole te wees.
Die kursus is met baie professionaliteit deur die volgende persone aangebied: Riano Greyling, Roche Jongkind, Garry Willows en Hardie van den Heever.
Marlow het weereens ‘n geleentheid vir sy leerders geskep om ‘n vaardigheid aan te leer.
Hoër Landbouskool Marlow bedank almal betrokke, asook vir die wyse waarop die kursus aangebied is.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf