Heart Health

Bloemfontein Landsdiens – Hoërskool Jim Fouché

Bloemfontein Landsdiens. Kwaggas skitter op Provinsiale Landsdienskamp!

Die Bloemfontein Landsdiens het onlangs behoorlik gegons toe Hoërskool Jim Fouché se trotse Kwaggas ’n uitmuntende Provinsiale Kamp aangebied het – en dit alles onder die bekwame leiding van die Junior Bestuur!

Met puik beplanning, entoesiasme en ware Kwagga-gees het die kamp nie net ’n reuse sukses geword nie. Dit het ook ’n platform geskep vir ons jong leiers om hul staal te wys. En nou is dit amptelik: ’n groep briljante Kwaggas is gekies om die Vrystaat te verteenwoordig by die Nasionale Kamp! 🇿🇦🔥

Graad 11 en 12:

  • Liné Fourie – Kampleier
  • Gé Coetzee – Kampleier
  • Duné Koortzen
  • Francois Wilken

Graad 8 tot 10:

  • AJ Annandale – Kampleier
  • Jessica Neuhoff

Reserwes (Graad 8 tot 10):

  • Ruzel Fourie (Gr. 8 – eerste reserwe)
  • Markus Annandale (Gr. 8 – eerste reserwe)
  • Karabo Lebusa (Gr. 9)
  • Eben Smit (Gr. 10)

Hierdie kampleiers sal ook as Vrystaatleiers optree tydens die Nasionale Kamp, wat van 6 tot 11 Desember by die pragtige The Willows, net buite Gqeberha, plaasvind.

JF is ongelooflik trots op elke deelnemer. Julle het die Kwaggas se naam met trots, waardigheid en ware landsdiensgees verteenwoordig. Hou aan om te inspireer – die toekoms is in goeie hande!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/ https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

Skitterende Matriek-uitslae 2025 – Hoërskool Jim Fouché staan uit

Skitterende Matriek-uitslae 2025. 🌟 Hoërskool Jim Fouché vier uitblinkende Matriekuitslae 2025! Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het weer bewys hoekom dit as een van die top akademiese instellings in die…

Nr 1 Matriculant 2025 – York High School Delighted

York High School in George, Western Cape, has once again proven its excellence by producing South Africa’s number one matriculant for the Class of 2025. Abigail Kok, the school’s Head…

Leave a Reply

You Missed

Skitterende Matriek-uitslae 2025 – Hoërskool Jim Fouché staan uit

Skitterende Matriek-uitslae 2025 – Hoërskool Jim Fouché staan uit

Nr 1 Matriculant 2025 – York High School Delighted

Nr 1 Matriculant 2025 – York High School Delighted

Exceptional IEB NSC Results – Durban Girls’ College delighted

Exceptional IEB NSC Results – Durban Girls’ College delighted

Record Grade 8 Intake – Michaelhouse welcomes new boys

Record Grade 8 Intake – Michaelhouse welcomes new boys

2025 Matric Results – Michaelhouse Excellent Performance

2025 Matric Results – Michaelhouse Excellent Performance

Nuwe Personeel 2026 – Primêre Skool Naudeville

Nuwe Personeel 2026 – Primêre Skool Naudeville
Verified by MonsterInsights