Bid-beertjies vir Oranje. Gedurende Oktober 2022 het vier oumas begin met ‘n reuse taak. Die oumas het besluit om bid-beertjies vir Oranje se Graad 1’s te brei. Hulle moes tagtig beertjies brei, spesiaal vir elke 2023 graad 1 Oranje-dogtertjie. Bid-beertjies is ‘n landwye projek waar “beer-tannies” wat geroepe voel, bere brei vir hartseer en gebroke mense wat deur ‘n moeilike tyd gaan.
In Primêre Meisieskool Oranje se geval het die oumas gevoel dat hierdie beertjies die dogtertjies sal help in die “groot skool.” Dit sal haar tydens die aanpassingstyd in haar nuwe skool en klas help dat sy nooit alleen is nie. Sy moet weet dat Jesus haar lief het en altyd by haar is.
Wat die beertjies nog meer spesiaal maak is dat daar, tydens die brei-proses, deur die ouma gebid word vir die eienaar van die beer. Hulle onderneem ook om, nadat die beertjies aan haar eienaar oorhandig is, sy steeds vir die dogtertjie sal bid.
Die bid-beertjies is ook gepas uitgerus in ‘n pampoenrok!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf