)

Bid-beertjies vir Oranje – Elke Graad 1 ontvang een

Bid-beertjies vir Oranje. Gedurende Oktober 2022 het vier oumas begin met ‘n reuse taak. Die oumas het besluit om bid-beertjies vir Oranje se Graad 1’s te brei. Hulle moes tagtig beertjies brei, spesiaal vir elke 2023 graad 1 Oranje-dogtertjie. Bid-beertjies is ‘n landwye projek waar “beer-tannies” wat geroepe voel, bere brei vir hartseer en gebroke mense wat deur ‘n moeilike tyd gaan.

In Primêre Meisieskool Oranje se geval het die oumas gevoel dat hierdie beertjies die dogtertjies sal help in die “groot skool.” Dit sal haar tydens die aanpassingstyd in haar nuwe skool en klas help dat sy nooit alleen is nie. Sy moet weet dat Jesus haar lief het en altyd by haar is.

Wat die beertjies nog meer spesiaal maak is dat daar, tydens die brei-proses, deur die ouma gebid word vir die eienaar van die beer. Hulle onderneem ook om, nadat die beertjies aan haar eienaar oorhandig is, sy steeds vir die dogtertjie sal bid.

Die bid-beertjies is ook gepas uitgerus in ‘n pampoenrok!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal