Biathle Wêreldkampioenskappe. Vier atlete van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het aan die Biathle Wêreldkampioenskappe in Mosselbaai deelgeneem. Hulle het hul skool, die Vrystaat en Suid-Afrika met groot trots verteenwoordig en uitstekende prestasies behaal.
🌟 Uitslae behaal
𝐖𝐉 𝐊𝐫𝐮𝐠𝐞𝐫 – Junior Protea
- Gemengde aflos: Goud
- Individueel: Goud
- Span medalje: Goud
Nota: Die eerste drie atlete van elke land kwalifiseer vir die span-medalje.
𝐃𝐞𝐡𝐚𝐧 𝐂𝐢𝐥𝐥𝐢𝐞𝐫𝐬 – o/15
- Individueel: 4de plek
- Span: Goud
Hoewel hy 4de geëindig het, was hy onder die top drie Suid-Afrikaanse atlete en het dus vir die span- medalje gekwalifiseer. Die SA-span het die beste gevaar van al die lande.
𝐒𝐢𝐦𝐨𝐧é 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐢𝐮𝐬 – o/19
- Individueel: 15de plek
𝐁𝐨𝐭𝐡𝐚 𝐊𝐫𝐮𝐠𝐞𝐫 – o/15
- Individueel: 32ste plek
Bethlehem Voortrekker Hoërskool is uiters trots op elkeen van hierdie atlete. Julle het ongelooflik goed gevaar en gewys dat BVHS-atlete met die wêreld se beste kan meeding.
Baie geluk aan WJ, Dehan, Simoné en Botha – julle is ware ambassadeurs van ons skool en land!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf











