Biathle Triathle Laser Run. Hoërskool Outeniqua – Eden-Kampioenskappe 2026.
Op 26 April 2026 het Outeniqua se leerders met trots aan die Eden Kampioenskappe vir Biathle, Triathle en Laser Run deelgeneem en puik resultate behaal. Julle toewyding en deursettingsvermoë het die Kwagga-naam met glans verteenwoordig!
Biathle
- 🥈 Nina Koen – o.15 Dogters
- 🥉 Imke Swanepoel – o.15 Dogters
- 🥉 Willem Meyer – o.15 Seuns
- 🥈 Meghan Stahmer – o.17 Dogters
- 🥇 Lizandri Koen – o.19 Dogters
Triathle
- 🥈 Imke Swanepoel – o.15 Dogters
- 🥉 Willem Meyer – o.15 Seuns
Laser Run
- 🥉 Imke Swanepoel – o.15 Dogters
- 🥇 Nicolas Human – o.15 Seuns
🌟 Toekomsgeleenthede
🎉 Baie geluk en sterkte aan die atlete wat gekies is om Eden te verteenwoordig by die Wes-Kaap Kampioenskappe: Glenwood House, George 23–24 Mei 2026
Dit is ’n uitstaande prestasie en ons is ongelooflik trots op elke leerder wat die Kwagga-gees uitdra!
Welgedaan, Kwaggas! Julle harde werk en passie maak Hoërskool Outeniqua en die George-gemeenskap trots.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








