Biathle en Triathle. Gedurende hierdie tyd van die jaar word daar wêreldwyd byeenkomste vir Tweekamp: hardloop, swem en Driekamp: hardloop, swem, laserpistoolskiet) gehou. Die doel en verwagting is dat die sport bekendgestel en ontwikkel word.
Op Sondag, 24 Oktober, het Alexander Smit van Hoërskool Strand aan die UIPM Biathle en Triathle National Tour by Somerset College deelgeneem. Alexander het ’n derde plek vir seuns o/19 in triathle behaal en sodoende ’n brons medalje ontvang.
Dit is ‘n interessante, maar uiters uitputtende sportsoort wat baie selfdissipline en vaardigheid verg.
Baie geluk, Alexander!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool strand: