Bianca Lombaard, ‘n graad 9-Dassie van Hoërskool Langenhoven, het op Saterdag, 26 Augustus 2017, tydens die Wes-Kaap Radikale Redenaarsfees se finaal, puik presteer.

Sy het te Hoërskool Stellenberg deelgeneem en in die volgende kategorieë vir graad 9 presteer: Afrikaans Moedertaal (derde plek), Afrikaans Lees: Prosa (derde plek), Afrikaans Lees: Poësie (eerste plek), English Reading: Poetry (eerste plek).

Bianca dring deur na die Nasionale Finaal wat op Maandag, 14 Oktober 2017 te Pretoria plaasvind.

Become a Sponsor