Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, is baie trots op Bianca Francis wat gedurende verlede week uitgevind het dat sy opgeneem is in die o/19 Gazelle Fast Five Bokkie Netbalspan. Sy het gedurende die Oktober-vakansie die Hoëveld-streek by vanjaar se Somer Bokkieweek verteenwoordig.