Te midde van ‘n ontwrigte jaar op die sportkalender, het Bethlehem Badgers se indoorhokkieklub die geleentheid vir spelers geskep om na die jaarlikse “Pro Series Indoor” toernooi te gaan. By die toernooi word teen die bestes van regoor die land gekompeteer. Bethlehem Badgers doen hul naam gestand en is taai opponente om te klop. Die spanne bly luuks in ‘n hotel by Monte Casino en kon die Goudstad verken tydens die toernooi.
Die spanne word afgerig deur Mnre. Magnus Buys en Andries Vorster ( Beide van Hoërskool Witteberg ).
Ons sien uit na ‘n goeie 2021 indoor- seisoen!
Badgers – bo!
Foto’s verskaf