)

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

Beste Cheerleading in SA. Helpmekaar se Cheerleaders skitter op nasionale vlak!

Helpmekaar se nuutste sport, cheerleading, het pas weer bewys dat hulle alles daar op die Bult met oorgawe én op ‘n ander vlak aanpak. Helpies se spogspan is onlangs gekroon as wenners by die Cheerleading Nationals. Daarmee verseker hulle hul plek tussen Suid-Afrika se topspanne.

Cheerleading is veel meer as net geesvang. Dit is ‘n dinamiese sport wat dans, akrobatiese spronge, ‘tumbling’, ‘stunts’ en ritmiese gesange kombineer in energieke roetines. Dit duur van een tot drie minute elk. Wat begin het as ‘n Amerikaanse tradisie, het nou ook in Suid-Afrika posgevat, met plaaslike spanne wat meeding op provinsiale en nasionale vlak.

Hier in Suid-Afrika val cheerleading onder die vaandel van die South African Majorette and Cheerleading Association (SAMCA), wat ook ‘n aktiewe lid is van die Wes-Kaapse Provinsiale Sportkonfederasie. Hierdie struktuur bied ‘n stewige grondslag vir die bevordering van die sport regoor die land.

Helpmekaar se span het met hul toewyding, tegniek en spanwerk die beoordelaars beïndruk en hulself onderskei as ware kampioene. Hierdie prestasie is nie net ‘n oorwinning vir die span nie, maar ook vir die skoolgemeenskap wat hul onvoorwaardelik ondersteun het.

🎉 Baie geluk aan elke cheerleader, afrigter en ondersteuner! Julle het gewys dat Helpmekaar Kollege nie net akademies en kultureel uitblink nie, maar ook op sportgebied nuwe hoogtes bereik.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.helpmekaar.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal