)

Beroemde Sport Pa’s – Hoër Meisieskool Oranje

Beroemde Sport Pa’s. Groen- Cheetah bloed vloei in Oranje Graad 8’s se are! Dit is te danke aan hul beroemde Sport Pa’s.

Die dogters van 2 Rugbywêreldbekerwenners, ’n gewese Protea, ’n oud-Blitsbok, die kleindogters van 2 voormalige Springbokke én ’n paar leerders met Cheetah-verbintenisse is onder die OMS graad 8’s vanjaar.

Die oud-Springbokke Juan Smith, Gaffie du Toit en  se jongste spruite, onderskeidelik Clerise, Manon en Liza-Lou, is vanjaar saam met die oud-Protea krieketspeler Boeta Dippenaar se dogter Jemma in dieselfde graad.

Juan was ’n lid van die Bokke wat die Wêreldbeker in 2007 gewen het en Daan was verlede jaar een van die SA-wenspan se hulpafrigters.

Gaffie en Juan het in 2006 saam in 3 toetse gespeel en was dieselfde jaar Cheetah-spanmaats. Gaffie en Daan het weer saam vir die Stormers en WP en later vir Toulouse in Frankryk uitgedraf.

Ook onder die plankies is Lilly Burger, dogter van Philip (Springbok 7’s en Cheetahs). Lilly en nog ’n graad 8, Ellé Cloete se oupas, onderskeidelik Thys Burger en Edrich Krantz, was saam Springbokke.

Corrie Strydom

Nóg graad 8 met ’n rugbyverbintenis is Carlaine van Rensburg. Haar pa, Charl, is ‘n oud-Cheetah. Haar oupa, Corrie Strydom, was ‘n Vrystaat-krieketspeler.

Dan is daar ook nog die tweeling Carmi en Mieke du Toit wie se pa, JP, ’n gewese Cheetah is. Net soos die pa’s destyds, was ’n klompie van hul dogters verlede jaar spanmaats:

  • Lilly en Manon het Willem Postma se o.13A-hokkie- én netbalspan gehaal. Hulle pa’s was in 2006 Cheetah-spanmaats.
  • Clerise en die Du Toit-tweeling het vir Primêre Meisieskool Oranje se o.13B-hokkiespan gespeel. Hul pa’s was in 2002 Cheetah-spanmaats.
  • Mieke, Carmi en Carlaine was spanlede van die o.13B-netbalspan. Hul pa’s was in 1998 Cheetah-spanlede.
  • Carlaine het ook vir die o.13C-netbalspan saam met Liza-Lou gespeel. Hul pa’s was in 1998 albei Vrystaatspelers.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal