Graad 8 Baadjie-Seremonie. Hoërskool Fichardtpark het vandag hul Graad 8 Baadjie-seremonie beleef. Om ‘n volwaardige Fichie te wees leef jy die Fichies se vyf waardes van GELOOF, UITNEMENDHEID, RESPEK, INTEGRITEIT EN DIENSBAARHEID uit.
Verder doen jy aan mede-leerders soos jy wil hê daar moet aan jou gedoen word.
- Fichies groet personeel, ander besoekers en mede-leerders. As daar ‘n besoeker die skool besoek staan ek op en groet hoflik.
- Fichie-manne wag dat dames eerste stap.
- Ons staan op as ‘n onderwyser die klas inkom, groet en gaan sit.
- Fichies betoon ten alle tye hoflikheid teenoor personeel en lede van die teenoorgestelde geslag.
- Graad 8’s groet matrieks en stap nie voor ‘n matriek by ‘n deur in nie.
- As Fichie praat ek positief van my skool. Daar is genoeg rede daarvoor.
- Indien daar iets in die skool is wat my pla, praat ek met my mentor, onderwyser of skoolhoof. Hulle sal luister want hulle gee om vir jou!
DIT IS DIE EIENSKAPPE VAN ‘N VOLWAARDIGE FICHIE!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf