Bergfiets wedren. Drie leerders van Hoërskool Strand het Saterdag, 14 Mei, aan ‘n bergfiets wedren by Southey’s Vine in Somerset-Wes deelgeneem. Die fietsryers neem deel om ‘n 2,7 km baan waar hulle tegnieke en jaagvermoë getoets word.
Chris Gerber en Alexander Smit het aan die Junior Mans-afdeling (17-19 jaar) deelgeneem en moes die baan vyf keer voltooi. Durandt du Plessis het aan die Sub Junior Hoërskool Seuns-afdeling deelgeneem en moes die baan vier keer voltooi.
Die fietsryers het goed gevaar en sien uit na die tweede wedren wat op 28 Mei by Hoër Landbouskool Paarl sal plaasvind.
Enige leerders wat nog belangstel om bergfiets te ry, kan met Mev. Van Zyl kontak maak.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf