BBRU Stadsbeker. Hoërskool Die Wilgers van Pretoria is gekroon as die amptelike BBRU Stadsbeker kampioene. Hierdie manne ken hul rugby!
Die uitslae van die BBRU Stadsbeker is as volg:
- Die Wilgers 0/14 vs Curro Hazeldean – 8-0
- Die Wilgers 0/15 vs Erasmus – 7-12
- Wilgers 0/16 vs Erasmus – 25-13
- Wilgers 2de vs HTS Tuine – 18-18 (Die Wilgers wen omdat hulle die eerste drie gedruk het).
- Die Wilgers White Sharks vs CR Swart – 33-25
Baie sterkte aan Die Wilgers met Saterdag se Noordvaal (voorheeld Beeldtrofee en Virsekerbeker) se uitspeelwedstryd op Wilgiebodem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf