Battle Boards 2025 Skaakkampioenskap. Hoërskool Fichardtpark se skaakspan, het die afgelope naweek aan die AlexForbes Battle Boards 2025 Skaakkampioenskap (provinsiaal) – Vrystaat deelgeneem. Hoërskool Fichardtpark se talentvolle skaakspan bestaan uit: Christiaan Kotzé, Johrné Rossouw, Jason Melville, Ruan Kotzé, Rikus Badenhorst, Schalk Herbst en Reuven Kleynhans.
Met strategiese briljantheid en vasberadenheid het Fichies se span ʼn gedeelde eerste plek met Grey Kollege behaal. Slegs ʼn enkele “tie-break” het bepaal wie uiteindelik die eerste posisie sou inneem. Ten spyte daarvan het Hoërskool Fichardtpark ʼn waardige tweede plek ingeneem – teen van die sterkste mededingers in die provinsie.
Hierdie uitstaande prestasie het daartoe gelei dat al sewe spelers Vrystaatkleure verwerf het.Hulle is amptelik gekies om die Vrystaat te verteenwoordig by hierdie Nasionale Skaakkampioenskap – Suid-Afrika, wat op 26 Julie plaasvind.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










